We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Canis Major

by WALKIE TALKIE

/
  • Streaming + Download

    Includes high-quality download in MP3, FLAC and more. Paying supporters also get unlimited streaming via the free Bandcamp app.
    Purchasable with gift card

      name your price

     

lyrics

YOMA:
Daar is soveel sterre in my kop,
Seker die dat my oë skitter.
Versot op die hemelruim en al haar geheime
Wat stelselmatig voor my oë flikker
Sien jy jouself of sien jy die Here?
Hoor jy my of jou instink?
Het jy dom gekom?
Is jy dof geblof?
Tyd laat dit insink.
Laat dit insink.
Tot daar waar jy weer luister
Tot daar waar jy die sterre sien en jou siel dit insluk.
En jou oë dan aan jou meer openbaar
As dit wat jy kies.
My bek nog 'n uitlaatklep
Om te verkondig wie ek is
Maar selfs dit verander so konstant
Dis ietwat ongelooflik.

JACO:
Orals om my lê slapende honde. Ek loop katvoet tussen die nat snoete, geen kaksoeker in my dagboeke se blaaie te vinde nie. Ek trap suutjies rondom die saggies brullende spul, my pen styf teen my sy, die ink in my bloed gereed om enige onnodige tandmerke te vermy.

Hierdie straathond wat lê en grom se naam is “Twitteris’nfokkengemors”. Ou Twitty het ‘n onlesbare dors, en hy drink net petrol. Ek los die vrot-asem brak in sy kwaadaardige droom en voel ‘n fokken veer. Ek retweet net gou iets hilarious, alweer, en mik vir die hondehuis se deur.

Hierdie rotweiler in die hoek se naam is “Afrikaner angst”, as ek haar naamplaatjie reg lees. Ek het seker al 700 frisbees vir hierdie teef gegooi in haar meer waaksame middae, maar ek sweer voor God sy’t nog nie een gevang nie. Die ding sit die dom in Afrikanerdom, die enigste lewenservaring wat haar stert laat swaai is daai sout en peper liedjie, en dit ook net ‘n bietjie.

Hierdie chihuahua se naam is “Adulting”. Ek hou in elk geval in die algemeen nie van chihuahuas nie, en Adulting is verseker ook nie my gunsteling in die groep nie. Adulting byt soos ‘n fokken bokser, gewoonlik sommer eerste ding in die oggend. Ek het al ophou tel hoeveel keer ek haar moes losruk, as haar klein tandjies in my enkel in sink. Maar reg nou slaap sy, en ek skink nog ‘n dop en klink die glas teen haar skedel.

Hierdie mooi ding se naam is “Sterflikheid”. Sy’s nog ‘n puppy, ek het haar gekry om saam met my dogter groot te word.

As al hierdie honde net vir altyd kon slaap.

MAVIS:
Ek het my wit hond verloor
Net my swart hond bly oor
Ons albei wag vir water

Ons woon hier in die nou
Maar onthou vir jou
Soos iets by die hek
Of iets in die water

MOUTHOFWOLF:
Met die lied van bore
In ballingskap verhore
Nog wolf nog seun
'n Jonge vos gebore
Die weerklank van
My skraal verstore
Beheer
Ontvlug geen keer
Aan die blye treur
Weggedraai van die lens
Verantwoordlikheid
My eer
In donker vreugde
Woorde sku
In doen en late
Liefde bieg

credits

released March 2, 2020
music, mix & master by Mavis Vermaak
vocals by YOMA, Jaco van der Merwe, Mavis Vermaak & MOUTHOFWOLF

license

all rights reserved

tags

about

WALKIE TALKIE South Africa

A collective of spoken word artists from South Africa, including Toast Coetzer (Buckfever Underground); Jaco van der Merwe (Bittereinder); HemelBesem; Hunter Kennedy (Fokof/Heuwels); Henry Cloete (Skynmaagde), YOMA & MOUTHOFWOLF, collaborating across mediums and languages to make WALKIE TALKIE tracks. Stywe lyne Suid-Afrika. ... more

contact / help

Contact WALKIE TALKIE

Streaming and
Download help

Report this track or account

WALKIE TALKIE recommends:

If you like WALKIE TALKIE, you may also like: