We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

in die weke voor die virus

by WALKIE TALKIE

supported by
/
  • Streaming + Download

    Includes high-quality download in MP3, FLAC and more. Paying supporters also get unlimited streaming via the free Bandcamp app.
    Purchasable with gift card

      name your price

     

lyrics

WALKIE TALKIE
in die weke voor die virus

JACO VAN DER MERWE:
Dít is toe hoe dit eindig
dit is toe hoe dit eindig
nie met ’n bang nie,
maar met Steve Smith wat ’n helikopterhou oor square leg slaan vir ’n ses
en die bal klap soos ’n geweerskoot teen ’n leë stoel tussen duisende leë
stoele
OK, dit was dan seker iets soos ’n bang , ek wip soos ek skrik,
en die apies in Thailand sing saam met die Italiaanse operasanger op sy
balkon, kind op die arm, aap in die mou, dis die weke wat ons altyd sal
onthou,
nou is dit in die lug van ons land
onder die brug, tussen die sand
die krom in jou rug, die kiem in jou hand
wat raak aan my gesig, bloed op jou tand
medesterwendes, wat sal ons vir mekaar sê oor twee maande, en waar sal
ons wees?
Voetnota: die Afrikaans vir square leg is regby. Die virus is nou square leg
ons. Hierdie is geen tyd vir woordgrappies nie, Jaco. Dit is presies die regte
tyd vir woordgrappies.

MAVIS VERMAAK:
in die weke voor die virus waai die wind ’n bietjie minder
ek soek werk en speel met klei ’n kiem trend op Tinder
paddas uit hul gate in die koeler klimaat
die krag is af maar voëls bly sing hier op die Eskomdraad
gras en dou en wolke tussen blou - twee honde op die bed
en ’n boodskap van jou
in die weke voor die virus, vitamien C en boegoetee
in die weke voor die virus handewas en binnebly
die oorlog kom van binne
is dit hoe dit alles eindig? Vat my saam sleep my deur die eindstreep
se stof
Ons bly binne - weef woorde om in sinne
ek het gedroom, ek het gedroom ons was op ’n groot vliegtuig ek het voor
gesit tussen twee groot bodyguards jy was die loods daar was ’n kwaai
klein hondjie op my skoot daar was turbulence ek was petrified en jy’t
uitgekom in jou pilot uniform en reg voor my gaan staan en jou arms
oopgegooi en begin sing: Moon River, I’m crossing you in style… Moon
River, wider than a mile…
en jy sing en sing en ek skree en skree want wie vlieg die plane ? Vlieg net
die plane …
Moon River, I’m crossing you in style. Moon River, wider...
die oorlog kom van binne
Ons bly binne
Ons bly binne

TOAST COETZER:
die dag trek glas oor die grond, die son suig die klippe skurf
’n wolk verskyn en verdwyn, ’n vuur flikker soos ’n nagtuig
onder die berg waar die kranse waak teen die ken van die Karoo
waar ons later met die maan saam swem in die koelte van ’n ronde dam
in die weke voor die virus
ek reis afdraand in, Boesmanland af, waar strepies skaap, en
aanhouer-bok
uit die hartseer, die hoop vol wei uit sandpit, klipvel, aardnerf
en die mense wat na die kuddes kyk
saamsit om blikkies tee en bone en sing
na die genadige heelal hier, waar ’n skaaplam
losbeur uit die ooi, soos ’n vetplant nat bot in die dor
in die weke voor die virus
elders is windkrag geroep om die glimmende,
geordende skerwe van die sonplase koel te waai
waar versamelvoëls nog huis toe bel
op Sondagaande om die stemme van hulle moeders te hoor
vanaf iewers buite Prieska
in die weke voor die virus
hier is meer as spoke oor – die dade van ubuntu-babas
sal ons ont-oog vanuit die toekoms
waarvandaan ons vlaktes leeg sal wees
van piramides, van akwadukte, van katedraal
net die laaste argiewe, die mees onlangse soekwoorde
geberg in die gedagtes van ’n masjien
sal ons liefdes nog onthou, ons vreugdes vier, ons lewens ook
in die weke voor die virus

MOUTHOFWOLF:
weke voor die virus
het ek gebid vir self-quarantine
om in die illusie van vrede
te kon ontsnap van weersin
bitterheid en jaloesie
maar nou sit ek hier en bewe
vasgenaai aan my dooie troon
gemasker en wraaksugtig
selfs my kinders het ophou droom
ofskoon ek gedink het
slegs die lug kon my verslind
my longe tog net hokke
vir ’n wellus wat verblind
palms besmeer met die
oopkloof van habitatte
toegevou in bedreigde pels
’n halssnoer van rou ingewande
ja weke voor die virus
my tempels alles behalwe heilig
voordat Wuhan op die map was
die kroon sonder twyfel myne

YOMA:
Jy steek jouself weg maar,
skemer deur soos son wat kop uitsteek.
Jou motief vaag,
verseker dat ons neerslat.
Moker onophoudelik soos branders,
wond soos messteke.
Almal is doenig met jou ontmaskering
waarskuwings skiet oor, en wie rus?
Wie is dwaser.
Kom, is reeds vol virusse
dit maak mens, ek meen.
Jy's buite jouself,
mal van siektes.
Hol rond vir holpapier.
Please your logic onplesierig
Jy's ongemanierd!
Ek loop liewer deur dood se stilte
ma kantel met die slag van onweer
beland voor die kansel van nog leuens
en ruik, die kiem in die lug is opinies
jy's siek maar jy kan dit nie sien nie

HEMELBESEM:
Hooo, dis die "down the tubes" - tekens.
Petroleum, Wi-Fi, goud, control ... as jy by Youtube inteken.
Blykbaar wou die kruisdraers daar vóór gee.
Nou gee hul voor voor die toegee-teken.
Van toeka af gee toe mense mos toe tekens.
Deur Afrika toet-toet
die troepe in tuk-tuks.
Hul bring die toets
maar gee toe
die HIV toe
in die apteek in.
Nou's'it COVID. No bird flu vannie pluimvee
no high fives, but the truth is hulle wil 5G.
Nou toe nou!
Shhh...T-o-e nou...t-o-e nou...t-o-e nou...
Tata... goodnight...toodles , ek reken
Whatever...
die clever staan ook toe oë voor dieselfde toegee-teken
bly oop-kop al hang daar oor die aarde ’n "ONS IS TOE"-teken

ANNIE KLOPPER:
in die weke voor die virus
staan ek in die lug bo Chongqing
en kyk hoe omies in rooi onnies na hulle daktuine omsien
ek teug aan ’n Tsingtao
eet xiao long bao
en luister Bittereinder
die wêreld is groot en klein terselfdertyd
in Changsha is daar ’n eiland in die son
waar die lemoene warm en kalm hang
om die kop van ’n jong Mao Tse Tsong
die wêreld is oranje hier
maar ek ry deur Wuhan en ek dink
hoe vervelig lyk dit nie
dis so vaal en eweredig hier
en dié ironie ontgaan my nie
later verdwaal ek in die strate van Shanghai
dronk van Corona-bier
dis nogal goedkoop hier
en die ironie laat gaan my nie
toe die virus uiteindelik hier is
wil ek vir my kind ’n brief nalaat
om vir hom te sê ons het hom darem liefgehad
maar dit help nie om te skryf nie
daar is tog niks wat gaan oorbly nie
die dood word soos ’n aflosstok
van pa tot pa aange pass
en ons blaas en ons blaas, maar dit fokkof nie
net ons asems raas in Afrikaans
en dié kiem ken nie ’n taal nie
in die dae voor die virus glim die westerkim bloedig soos ’n waarskuwing
maar almal wag die sekel in
sonder ’n fokken masker
die wêreld is groot
die virus is klein
die aarde is ’n albaster

HENRY CLOETE:
Kug-kug, vlug-vlug,
sug sug, roep terug
wie’t nou lus om te sus
oor die bou van ’n brug
staan weg, staan reg,
jou sleg, jou on-eg
’n masker vir die busker ,
nog verskonings om te veg
asof ons mekaar nie min genoeg vertrou nie
asof ons nie genoeg het om later te berou nie
maar hey, dis orraait, ons het die hele tyd geweet
dat al daai posts en likes verdwyn sodra jy stockpile om te eet
’n miljoen kaalkop tesame, fokken kak beraming
wie se kop gaan eerste waai? Gee my die beaming
amen! We’re men!
sweeptog-saamtrek woorde
stres iemand nog oor daai?
En oor diskoord-wanakkoorde?
Daar was planne, daar was manna, daar was so ’n mooi toekoms
The hour , jammer Dylan, that the ship in mos koms
en die stadige herinnering, die vreeslike siek bibbering
die ding, net ’n ding, Wuhan hoo-hah tipe ding
plons-plons, pion-fok, Waar’s jou pensioenplan
bons-bons, dons-spons, hey, dis al herfs, man
mooie planne, soveel planne, pensioen of te not vrot
vir my seun’t ek net een vraag voor ons iets soek vir die pot:
Was jy al op die maan, my kind,
was jy al op die maan?
Mens kan die hele Aarde sien,
en kyk hoe dit vergaan.

HUNTER KENNEDY:
in die tyd voor die virus was ons anyway fucked
die stage is altyd moeiliker as jy level-up
man's mind mirrors a universe that mirrors man's mind
daar is nou nie meer TP nie en ek moet gaan kak
Fok rond in die donker
loadshedding
dink ek het al klaar Covid-19
issit ’n Truman Show-style psy-op die?
Moeilik om nie aan my gesig te vat nie
Ek was nou my hande like elke 3 uur
nogal bly ek is nie OCD nie
nogal nice net iets soos ’n virussie
laat die hele wêreld voel soos ’n gemeenskappie
Self-isolasie klink nie te bad nie
kan bietjie opvang op my Netflix-kyklysie
wat gaan ons eet as Woolies nie meer kos het nie?
Moes al vroeër ons selfonderhoudende boerdery begin het, baby
Hey! Niemand praat nou oor global warming nie
en of aliens maybe net time travellers is nie
het jy geweet elke eeu is daar ’n pandemie?
Voel dit nie net ’n bietjie te convenient nie?
in die tyd voor die virus was ons anyway fucked
die stage is altyd moeiliker as jy level-up
man's mind mirrors a universe that mirrors man's mind
daar is nou nie meer toiletpapier nie en ek moet gaan kak

credits

released April 9, 2020
Music by Mavis Vermaak. Final mix & master by Roger Bashew.

license

all rights reserved

tags

about

WALKIE TALKIE South Africa

A collective of spoken word artists from South Africa, including Toast Coetzer (Buckfever Underground); Jaco van der Merwe (Bittereinder); HemelBesem; Hunter Kennedy (Fokof/Heuwels); Henry Cloete (Skynmaagde), YOMA & MOUTHOFWOLF, collaborating across mediums and languages to make WALKIE TALKIE tracks. Stywe lyne Suid-Afrika. ... more

contact / help

Contact WALKIE TALKIE

Streaming and
Download help

Report this track or account

WALKIE TALKIE recommends:

If you like WALKIE TALKIE, you may also like: