We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Noname Feniks (with Kalahari Surfers)

by WALKIE TALKIE

/
  • Streaming + Download

    Includes high-quality download in MP3, FLAC and more. Paying supporters also get unlimited streaming via the free Bandcamp app.
    Purchasable with gift card

      name your price

     

about

inspired by true events. www.facebook.com/walkietalkieZA

lyrics

Noname Feniks (met Kalahari Surfers)

Toast Coetzer:

die nag was donker
en die wêreld hel
en net die eensame
nat naelstringsnaar
speel die diep bas
van die bromvoël

soos die son opkom
op die hoek van
christiaan de wet
en beyers naude
in honeydew, johannesburg
op die eerste junie

waar iemand afkom
op die lyk van ’n pasgebore baba
’n dogtertjie
toegedraai in ’n lap
binne in ’n plastieksak
en toe
aan die brand gesteek

die polisie gaan ondersoek instel
en die related links
op dieselfde vergete bladsy
van die city press webwerf
nou seker ge-archive
sluit in
‘baby kicked to death’
‘kzn woman appears for babies in freezer’
en
‘woman arrested for hiding birth after dog seen eating newborn’

en die glas van ’n gebou
die rooidraai van ’n robot
die bedelhand na die wegkyk
winterson se uitgeteerde bokke
in die grys stad se verslete lande
spit gou ’n vlak graf
vir noname
noname feniks

en alles brand
jou hande en oë
die rekenaarskerm
fynhoutjies vir die vuur
kneukels om koffiebeker
die kamer die kantoor
jou mond jou keel
jou longe jou maag
leeggesuig en drooggesuig
soos karkasse
en sade
deur die skreeuende
skoppende
wind

talm nou hier
by die kort, bondige
haastige berig
van die korter, bondiger
lewe
van noname
noname feniks


Jaco van der Merwe:

And finally, Oswald Mtshali, here’s your true synecdoche:
we are the baby
the mutilated corpse, eaten alive by scavenging dogs

Noname, ek onthou jou, so hard dat ek jy word -
jy sit in my klaskamer en ek bloei op die witbord
jou ouma val jou aan en gooi jou met kookwater
’n sangoma draai jou kaal in ’n kombers toe en bliksem jou met ’n knopkierie
om die bose geeste te verdryf, terwyl jou ouers kyk, en geld uithaal
jou pa gee klas by die universiteit en word opgesluit na hy jou ma in die publiek slaan
jou ouers is geskei en albei is weer getroud en albei is weer in buite-egtelike verhoudings en jou stamboom word daagliks meer ingewikkeld en jy het half-broers en kwart-susters en aangetroude nefies en tante-niggies en menigte ma’s en soort-van pa’s maar jy is nie spesiaal vir enigiemand nie
jou half-broer steek ’n tuinslang in sy blink nuwe kar se exhaust, draai die sleutel
en sit in die kar aan die rand van ’n verlate grondpad
tot sy longe ook nie meer kan nie
jou ma huil die volgende dag maar gooi vir my ’n vol glas Tropika en vra dat ek moet sit
noname, jy het ’n Engelse naam en ’n tradisionele naam en ’n straat naam
jy rook nyaope, dagga en tabak saamgerol in ‘n deurksynende stukkie plastiek en skryf “THUG LIFE”, “NIGGAS WITH ATTITUDE”, “OUTLAW” op ’n lessenaar

die klaskamer microcosm blossom en ons land brand
die les word nie geleer nie
klas word nie gegee nie
ons het nie name om te skryf nie,
net een generiese halfhartige grafskrif:
hier lê
an abandoned bundle
op ‘n vullishoop


HemelBesem:

Ek onthou nie veel nie, maar ek onthou die ashoop.
Die toekoms was ‘n plastiek sak waarmee jy my wou vasknoop
Die trane van ‘n baba wat saam op die ritme van die aarde se as loop.
Tot by “Wat as?” ….kyk nou hoe ek op ‘As’ Hoop.
Tyd is ‘n roofvoël. Ek sien tyd in my groot oë. Tyd in my siel.
Daars ‘n vol gesig met ‘n lee staar as ek kyk in ‘n spieel
Die aarde draai, soms die wind ook, maar wanneer dan die wiel?
Ek knoop my das met die hoop dat als my skurf bedek.
Nie onhigiënies nie, maar vuil woorde verwurg my nek.
EK wil vloek. Ek wil skel. Ek wil klaar kry.
Maar my skouers knak onder die gewig van swaarkry
My stap in die dag word minagtend in die straat gemeet.
Hulle se hulle ken my uit aan my vernuf om plagiaat te pleeg.
Wat dit ookal mag wees…
Ek moet copy, al is dit nie myne nie,
want oral waar ek kyk is net ‘n blou-druk van jou, nerens ‘n bruine nie.
Ek’s kreatief, kunstig, hardwerkend, liefdevol, vra net hier.
Maar hulle ken my nie by daardie tipe name nie
Was dit net nie vir julle bleddie eskamens nie!
Nou’s ek niks. Niemand. My oë sug net. Ek kan nie my liggaamsvog mors op trane nie.
Hartseer…Pyn…Vrae…. is oral gespan.
Maar dit spin soms die beste webbe om luisteraars ore te vang.
Ek nooi jou om na my verlede te kom
Dis as my woordswaard se skede vermom
‘n Slypsteen klip. Ek vryf uit die hede die blade styf teen dit,
dan gebruik ek weer dit.
Ek kap terug woedend hier waar ek nou reeds staan
Veg jy maar vir wat jy goed dink, ek veg steeds vir ‘n naam.

credits

released March 17, 2014
music: Warrick Sony www.kalaharisurfers.co.za
lyrics: Walkie Talkie
artwork: Jotam Schoeman

license

all rights reserved

tags

about

WALKIE TALKIE South Africa

A collective of spoken word artists from South Africa, including Toast Coetzer (Buckfever Underground); Jaco van der Merwe (Bittereinder); HemelBesem; Hunter Kennedy (Fokof/Heuwels); Henry Cloete (Skynmaagde), YOMA & MOUTHOFWOLF, collaborating across mediums and languages to make WALKIE TALKIE tracks. Stywe lyne Suid-Afrika. ... more

contact / help

Contact WALKIE TALKIE

Streaming and
Download help

Report this track or account

WALKIE TALKIE recommends:

If you like WALKIE TALKIE, you may also like: