We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

United For Bafana (with LT)

by WALKIE TALKIE

/
  • Streaming + Download

    Includes high-quality download in MP3, FLAC and more. Paying supporters also get unlimited streaming via the free Bandcamp app.
    Purchasable with gift card

      name your price

     

about

lyrics

UNITED FOR BAFANA (Walkie Talkie with LT)

Jaco:
verf stroom teen die marmer af, daar’s bloed in die graniet
die grond bly dors vir vloeistowwe as tekens van verdriet
wanneer is ons jammer genoeg? die land spoeg
soos ‘n keel wat verstik van te veel skedels insluk
en ons ploeg in die braakland, in die donker sonder krag
en ons sidder in die middernag vir jakkalse wat lag
blok die sein, sluit die grense, diere-mense brand
in die voorbeeldlose skynbeeld val ons afgod-reënboogland

Henry:
Dis 'n rooigrond-roetgewoed-stoet wat hier verbygly,
boetedoening, vrot versoening, dis hoe ons dit kleinkry,
Raadroepers roep, reëndansers dans, almal agter hekke,
sagte leier, sag gebeier van sagklokke, kekkel, kekkel,
Betonblok druk in gewerpte blou 'n laaste traan uit vir die rou,
ek's verlief op myself, dus haat ek jou,
hier's 'n duisend rand, gaan skiet my vrou,
al hierdie nuus om van te kies, gedagtegang vasgevries,
bel die fotograaf, baby, ons gaan iets presies nes ons baar,
hoe kosbaar.

Toast:
Ek en jy is in die foto’s
Van James Oatway
Langs die ouman in swart
Met die wit plastieksak
Mister P dot com
Hulp word gesoek maar
Hulp gaan nie kom nie
Emmanuel Sithole
Leef nog
In die foto’s van James Oatway
Vir nog ‘n uur of wat
Ek en jy is in die kar
Saam met Emmanuel en James
Ek en jy is by die hospitaal
In Edenvale en pleit
Saam met James en die armband
Om Emmanuel se gewrig
Wat lees:
United for Bafana

Jacques:
Ek sê Okmalumkoolkat. Jy sê Fokof. Ek sê Bittereinder. Jy sê Thuli Madonsela. Op mekaar gedraai. Instede van na. Ons polse aan die agterkant van ‘n polisiewa vasgebind. Gesleep deur ‘n verlede gesplete. ‘n Indentiteit deur valse vlae en blaam vermink. Ek sê Marikana. Jy sê ABSA. Ek sê die vier hoeke. Jy sê Tripartheid. We retain the Right 2 Know. The dignity to forgive. The act of a stolen TV sold to a corrupt guardian of the piece. Ek sê ubuntu. Jy sê Emanuel Sithole. Ek sê Nkandla. Jy sê load shedding en a lack of reconciliation. Die reënboog bly monochrome. Gehul in ‘n moeë retoriek van statistieke en vrees. Ek sê grind with purpose. Jy sê Kitchen Dutch is dood. Ek sê plaas moorde. Jy sê ‘n necklace vir my darling. Ons juk die van ‘n industrieel-militere kompleks. Die struggle sal uitgesaai word. Soos niks behalwe beelde val. Nepotisme seevier. Born frees begin vrae vra. Ek sê fetale alcohol sindroom. Jy sê jou poes my larney. Ek sê bemagtiging. Jy sê hand-outs, forced evictions en dodgy anti-retros. Die 99 teen die 1. Andries Tatane teen die koel soen van ‘n loop. Green zones. Ons maak ons liefde deur elektriese heinings. Veldiep loopgrawe. Die stand van die nasie. Ek sê Madiba. Jy sê Ernest Cole, Mantatisi, Sprokie vir n Stads Kind en Mohlomi. Ek sê onderrig. Jy sê om te ontwrig.

Hunter:
eat da poopoo
eat da poopoo, Rhodes
eat da poopoo
eat da poopoo, Rhodes

Fok jou Rhodes
Wat de fok het jy vir my gedoen?
Infrastruktuur se poes
Jy’t die wins geskep wat goedkoop hande-arbeid bied
en toe ’n bietjie geld geskenk
sodat iemand in die buiteland in jou naam kan gan leer hoe om brits te wees
Dankie vir die Glen Grey Act
dit het vir Verwoerd 'n great idee gegee
Dis julle klomp konte se skuld dat ons nou hier sit in julle kak
As julle mekaar ooit ontmoet het, het julle probably mekaar in die hol gevat
Geen wonder Afrika haat julle nie
Eat da poopoo, Rhodes!
Eat da poopoo

As ons nou die heeltyd die geskiedenis moet gedenk
kan ons as herinnering aan wat geskiedenis skep
net koper piele, poepolle en poese in die pleine oprig
of wag... is dit nie wat ons al klaar doen nie?
Ruk al die fokn standbeelde af
en while you’re at it
Pay back the money
e-wallet, cash of EFT
Jy moet nou fokof hier
Ons het jou ingenooi
maar nou is jy nie meer welkom nie

Wie s’n is die myne?
Dis myne
diamante vir ryk vrou vingers
met plastiek oë wat wegkyk
in vrees dat sy die bedelaars aanmoedig

Ons is almal vreemdelinge hier
maar as jy weggejaag word
soek elders 'n skuiling
en dan sal daai mense jou daar doodmaak
en 'n foto van 'n mes in jou hart sit op die voorblad
van die plaaslike koerant

en dan sal ons trek soos voorheen net weer
en dan uiteindelik soos siekte planeet tot planeet bekanker
totdat Tyd ons uiteindelik insluk
en weer uitkak

Fok die fokn standbeelde
Fok die vryemarkstelsel
Fok sosialisme
Fok die petrodollar
Fok Kapitalisme
Net bloed kan nou hierdie ding se dors les

wat van die fokn water?
fok die fokn water
Dis fokn lekker hier
Die weer is wonderlik
as jy geld in die buiteland kan verdien
is Suid-Afrika soos ’n vakansieoord
Dis soos Sun City gemeng met ’n tronk
Dit was ’n goeie idee op papier
Maar nou is daar nie meer dienslewering nie
Die kriminele sit in magsposisies in hulle honeymoon suites
en die mense op die grond kan nie meer na hierdie kak luister nie

HemelBesem:
Dis 'n ander wind van verandering wat waai shooosh, dit zip,
Ons hoop vir beter. Die hoop word weer in knope gemeet, maar ek is toege-zip.
Ek zippit, want die goor verlede het sonder rede op my stoep kom sit,
Dis soe bezerk. Die soekende sirkus voeter die toekoms in
Ouens ry met die sous treine chooka-chip, chooka-chip
Dis choocka-chip
Want die ouere dinasaurusse sou rus, maar op hulle skouers is oek 'n chip.
Ek vra hoe is dit? Was 'n poets gebak, en ons stuck in 'n koeke blik.
Oeg is dik gehuil terwyl die in goedere treine verby seil en hulle hoedens knik…oe dis shit…

credits

released October 10, 2015
Music and production by LT.
Artwork by Louis Minnaar.
Mixed and mastered by Peach van Pletzen.
Lyrics by Walkie Talkie.

license

all rights reserved

tags

about

WALKIE TALKIE South Africa

A collective of spoken word artists from South Africa, including Toast Coetzer (Buckfever Underground); Jaco van der Merwe (Bittereinder); HemelBesem; Hunter Kennedy (Fokof/Heuwels); Henry Cloete (Skynmaagde), YOMA & MOUTHOFWOLF, collaborating across mediums and languages to make WALKIE TALKIE tracks. Stywe lyne Suid-Afrika. ... more

contact / help

Contact WALKIE TALKIE

Streaming and
Download help

Report this track or account

WALKIE TALKIE recommends:

If you like WALKIE TALKIE, you may also like: